19 want in daardie tyd sal daar so 'n verdrukking wees soos daar van die begin af, vandat God die wêreld geskep het tot nou toe, nog nie was nie en ook nie sal wees nie.
20 En as dit nie was dat die Here daardie tyd ingekort het nie, sou geen mens dit oorleef nie; maar ter wille van die uitverkorenes wat Hy uitverkies het, het Hy daardie tyd ingekort.
21 “As iemand in daardie tyd vir julle sê: ‘Kyk, hier is die Christus!’ of: ‘Kyk, daar is Hy!’ moet julle dit nie glo nie.
22 Daar sal vals christusse en vals profete na vore kom, en hulle sal tekens en wonderwerke doen om, as dit moontlik was, die uitverkorenes te mislei.
23 Julle moet daarvoor op julle hoede wees. Ek het alles vir julle vooruit gesê.”
24 “Maar in daardie tyd,ná daardie verdrukking,sal die son verduister worden die maan sal nie skyn nie;
25 die sterre sal uit die ruimte valen die kragte van die hemelruim sal ontwrig word.