29 So moet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, weet dat die tyd naby is, voor die deur.
30 Dit verseker Ek julle: Nog in die leeftyd van hierdie geslag sal dit alles gebeur.
31 Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit.”
32 “Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, selfs nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit.
33 Wees op julle hoede; wees waaksaam, omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie.
34 Dit is soos 'n man wat ver weggegaan en sy huis onder beheer van sy slawe gelaat het. Hy het vir elkeen sy werk gegee en die deurwagter beveel om waaksaam te bly.
35 Bly dus waaksaam, omdat julle nie weet wanneer die huiseienaar kom nie, in die aand of middernag of met hanekraai of die môre vroeg nie,