20 Nadat hulle Hom klaar bespot het, het hulle die pers mantel uitgetrek en weer sy eie klere vir Hom aangetrek. Toe lei hulle Hom weg om Hom te kruisig.
21 Die soldate het iemand wat daar verbygekom het, gekommandeer om Jesus se kruis te dra. Dit was Simon van Sirene, wat van buite die stad af gekom het, die pa van Aleksander en Rufus.
22 Hulle bring Jesus toe na 'n plek Golgota, wat Kopbeenplek beteken.
23 Hulle wou vir Hom wyn gee met mirre daarin, maar Hy wou dit nie hê nie.
24 Toe kruisig hulle Hom en verdeel sy klere onder mekaar deur te loot oor wat elkeen moet kry.
25 Dit was nege-uur die môre toe hulle Hom gekruisig het.
26 En die rede waarom Hy gekruisig is, was op 'n bordjie aan die kruis geskrywe: “Die koning van die Jode.”