26 Verder het Hy gesê: “Met die koninkryk van God gaan dit só: Iemand saai die saad op die land
27 en gaan slaap en staan op, dag na dag, en die saad ontkiem en groei — hóé weet hy self nie.
28 Vanself bring die aarde die graan voort, eers 'n halm, dan 'n aar, dan die vol koringaar.
29 En wanneer die graan ryp is, steek hy dadelik die sekel in, omdat die oestyd daar is.”
30 Hy het ook gesê: “Hoe sal ons die koninkryk van God voorstel, of met watter gelykenis sal ons dit uitbeeld?
31 Dit is soos 'n mosterdsaadjie. Wanneer dit in die land geplant word, is dit die kleinste van al die soorte saad daar in die land.
32 Maar as dit eenmaal geplant is, kom dit op en word dit groter as al die tuinplante. Dit kry sulke groot takke dat die voëls in sy skaduwee kom nes maak.”