1 Jesus het sy twaalf dissipels nader geroep en hulle mag gegee om onrein geeste uit te dryf en om elke soort siekte en kwaal gesond te maak.
2 Die name van die twaalf apostels was: in die eerste plek Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas;
3 Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes; Filippus en Bartolomeus; Tomas en Matteus die tollenaar; Jakobus seun van Alfeus, en Taddeus;
4 Simon die Kananeër, en Judas Iskariot wat vir Jesus verraai het.
5 Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en die volgende opdragte aan hulle gegee:“Moenie met 'n pad na die heidennasies toe afdraai nie en moenie in 'n dorp van die Samaritane ingaan nie.
6 Gaan liewer na die verlore skape van die volk Israel toe.
7 Gaan verkondig: ‘Die koninkryk van die hemel het naby gekom.’