49 So sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die engele sal uitgaan en die slegtes skei van die goeies
50 en hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.”
51 “Verstaan julle al hierdie dinge?”“Ja,” antwoord hulle Hom.
52 Hy sê toe vir hulle: “So is elke skrifgeleerde wat 'n leerling word in die koninkryk van die hemel, soos 'n huiseienaar wat uit sy voorraad nuwe en ou dinge te voorskyn bring.”
53 Toe Jesus hierdie gelykenisse klaar vertel het, het Hy daarvandaan weggegaan.
54 Hy het in die dorp gekom waar Hy grootgeword het, en Hy het die mense in hulle sinagoge so geleer dat hulle verstom was en gesê het: “Waar kry hy hierdie wysheid vandaan en die vermoë om die kragtige dade te doen?
55 Is hy dan nie die timmerman se seun nie? Is sy ma nie Maria en sy broers Jakobus, Josef, Simon en Judas nie?