5 Terwyl hy nog praat, het 'n helderligte wolk skielik sy skaduwee oor hulle gegooi, en 'n stem uit die wolk het gesê: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug. Luister na Hom.”
6 Toe sy dissipels dit hoor, het hulle baie bang geword en op die grond neergeval.
7 Maar Jesus het na hulle toe gekom, hulle aangeraak en gesê: “Staan op en moenie bang wees nie.”
8 Toe hulle opkyk, het hulle niemand gesien nie, net Jesus alleen.
9 Terwyl hulle van die berg afkom, het Jesus hulle beveel: “Wat julle gesien het, moet julle vir niemand vertel voordat die Seun van die mens uit die dood opgewek is nie.”
10 Die dissipels vra Hom toe: “Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat Elia eers moet kom?”
11 “Elia kom wel om alles weer reg te maak,” antwoord Hy,