1 In daardie tyd het die dissipels by Jesus gekom met die vraag: “Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?”
2 Hy het 'n kindjie nader geroep en hom tussen hulle laat staan
3 en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie.
4 Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel.
5 En wie so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.”
6 “Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met 'n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink.