40 In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.”
41 Toe die Fariseërs bymekaar was, vra Jesus vir hulle:
42 “Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy?”“Dawid s'n,” antwoord hulle Hom.
43 Hy sê toe vir hulle: “Waarom het Dawid deur die ingewing van die Gees Hom dan ‘Here’ genoem? Hy sê tog:
44 “ ‘Die Here het vir my Here gesê:Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het.’
45 “As Dawid self Hom ‘Here’ noem, hoe kan Hy dan Dawid se seun wees?”
46 Niemand kon Hom daarop iets antwoord nie. Van dié dag af het niemand dit meer gewaag om Hom 'n vraag te stel nie.