8 Die onverstandiges sê toe vir die verstandiges: ‘Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan dood.’
9 Maar die verstandiges antwoord: ‘Nee, daar is nie genoeg vir ons en vir julle nie. Gaan liewer winkel toe en koop vir julle olie.’
10 “Terwyl die onverstandiges olie gaan koop het, het die bruidegom gekom. Dié wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof toe, en die deur is gesluit.
11 “Later kom die ander meisies ook daar aan en roep: ‘Meneer, Meneer, maak vir ons oop!’
12 Maar die bruidegom antwoord: ‘Ek sê vir julle: Ek ken julle nie!’
13 “Waak dan, omdat julle nie weet op watter dag en uur dit sal gebeur nie.”
14 “Verder gaan dit soos met 'n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaargeroep en sy besittings aan hulle toevertrou.