19 Jesus het opgestaan, en Hy en sy dissipels het saam met die man gegaan.
20 'n Vrou wat al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, het nader gekom en van agter af aan die soom van sy klere geraak.
21 Sy het vir haarself gesê: “As ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.”
22 Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Wees gerus, dogter, jou geloof het jou gered.”Van daardie oomblik af was die vrou gesond.
23 Daarna het Jesus by die huis van die raadslid gekom. Toe Hy die fluitspelers sien en die klomp mense wat te kere gaan,
24 sê Hy: “Gaan weg, want die dogtertjie is nie dood nie, sy slaap net.”Maar hulle het Hom uitgelag.
25 Nadat die mense uitgejaag was, het Hy in die huis ingegaan, die dogtertjie se hand gevat en sy is uit die dood opgewek.