2 Daar het hulle 'n verlamde man wat bedlêend was, na Hom toe gebring. Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: “Vriend, wees gerus; jou sondes word vergewe.”
3 Party van die skrifgeleerdes het by hulleself gesê: “Hy praat godslasterlik.”
4 Maar Jesus het geweet wat hulle dink, en Hy sê vir hulle: “Waarom het julle sulke slegte gedagtes in julle harte?
5 Wat is makliker? Om te sê: ‘Jou sondes word vergewe,’ of om te sê: ‘Staan op en loop’?
6 Maar Ek gaan nou vir julle die bewys lewer dat die Seun van die mens volmag het om op aarde sondes te vergewe.”Hy sê toe vir die verlamde man: “Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.”
7 Hy het opgestaan en huis toe gegaan;
8 en toe die menigte mense dit sien, het hulle God, wat sulke mag aan mense gee, met eerbiedige vrees geprys.