20 Ek het my eer daarin gestel om die evangelie te verkondig waar die mense nog nie van Christus gehoor het nie, want ek wil nie op die fondament van iemand anders bou nie,
21 maar soos daar geskrywe staan:“Dié wat nie van Hom vertel is nie, sal sien,en dié wat nie van Hom gehoor het nie, sal verstaan.”
22 Dit is dan ook die rede waarom ek baiekeer verhinder is om na julle toe te kom.
23 Maar nou is daar vir my in hierdie streke nie meer 'n nuwe arbeidsveld nie, en ek koester al baie jare die begeerte om julle te besoek
24 as ek na Spanje toe gaan. Ek hoop om julle dan op my deurreis te sien; trouens, ek sou graag ook eers 'n tydjie by julle wou deurbring en dan met julle hulp verder na Spanje toe reis.
25 Maar nou is ek eers op pad Jerusalem toe met geldelike hulp vir die gelowiges daar.
26 Die gemeentes in Masedonië en Agaje het dit naamlik goedgedink om iets by te dra vir die armes onder die gelowiges in Jerusalem.