25 Elkana-hulle het die bul geslag en die seun na Eli toe gebring,
26 en Hanna het gesê: “Ekskuus, Meneer, u sal my nie glo nie, maar, Meneer, ék is die vrou wat hier by u gestaan het om tot die Here te bid.
27 Om hierdie seun het ek gebid, en die Here het aan my gegee wat ek van Hom afgesmeek het.
28 Ja, van die Here het ek hierdie kind afgesmeek, en nou sal hy sy lewe lank iemand wees wat van die Here afgesmeek is.”Toe het hulle die Here daar aanbid.