12 En iemand uit die omgewing het bygevoeg: “En waarvandaan kom hulle nogal?”Daarom het dit 'n spreekwoord geword: Is Saul ook onder die profete?
13 Toe hy klaar as profeet opgetree het, het hy na die hoogte toe gegaan.
14 Saul se oom het vir hom en sy slaaf gevra: “Waarheen was julle?”Saul het geantwoord: “Ons het die donkies gaan soek, maar ons het niks gesien nie en het toe na Samuel toe gegaan.”
15 Saul se oom sê toe: “Vertel my tog wat Samuel vir julle gesê het.”
16 “Hy het ons verseker dat die donkies gekry is,” het Saul vir sy oom gesê.Maar oor die saak van die koningskap wat Samuel genoem het, het Saul niks gesê nie.
17 Daarna het Samuel die volk by Mispa na die Here toe geroep.
18 Hy het vir die Israeliete gesê: “So het die Here die God van Israel gesê: Ek het Israel uit Egipte laat optrek en julle gered uit die mag van Egipte en al die koninkryke wat vir julle verdruk het.