9 Net toe hy omdraai om van Samuel af weg te gaan, het God Saul se gesindheid verander. Al hierdie tekens het op dié dag uitgekom.
10 Hulle het daar in Gibea gekom, en toe hy weer sien, kom 'n groep profete hom tegemoet. Die Gees van God het kragtig in hom gewerk, en hy het saam met hulle as profeet opgetree.
11 Almal wat hom voorheen geken het en nou gesien het hoe hy saam met die profete as profeet optree, het vir mekaar gevra: “Wat het met Kis se seun gebeur? Is Saul ook onder die profete?”
12 En iemand uit die omgewing het bygevoeg: “En waarvandaan kom hulle nogal?”Daarom het dit 'n spreekwoord geword: Is Saul ook onder die profete?
13 Toe hy klaar as profeet opgetree het, het hy na die hoogte toe gegaan.
14 Saul se oom het vir hom en sy slaaf gevra: “Waarheen was julle?”Saul het geantwoord: “Ons het die donkies gaan soek, maar ons het niks gesien nie en het toe na Samuel toe gegaan.”
15 Saul se oom sê toe: “Vertel my tog wat Samuel vir julle gesê het.”