1 Saul het al 'n jaar of twee as koning oor Israel geregeer,
2 toe kies hy vir hom drie afdelings uit Israel uit. Twee afdelings was by hom in Mikmas en in die bergwêreld van Bet-El. Een afdeling was by Jonatan in Gibea in Benjamin. Saul het die res van die manskappe huis toe gestuur.
3 Toe Jonatan die Filistynse wagpos wat in Gibea was, oorrompel het, het die Filistyne daarvan gehoor. Saul het oor die hele land die ramshoring laat blaas om die Hebreërs op te roep.
4 Die hele Israel het gehoor dat Saul die wagpos van die Filistyne oorrompel het en dat Israel in onguns gebring was by die Filistyne. Die manskappe is bymekaargeroep by Saul in Gilgal.