18 Die Here het jou met 'n doel uitgestuur en Hy het jou beveel: ‘Trek op, bring die sondaars, die Amalekiete, om die lewe. Jy moet teen hulle veg totdat jy hulle uitgeroei het.’
19 Waarom het jy nie na die bevel van die Here geluister nie? En waarom het jy jou aan die buit vergryp en hierdie ding gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here?”
20 Saul antwoord toe vir Samuel: “Maar ek hét na die bevel van die Here geluister! Ek het gegaan om te doen waarvoor die Here my gestuur het, ek het vir koning Agag van Amalek hierheen gebring, maar die Amalekiete het ek om die lewe gebring.
21 Die manskappe het egter uit die buit kleinvee en beeste gevat, die beste van dié wat van kant gemaak moes word, om aan die Here u God in Gilgal te offer.”
22 Maar Samuel antwoord:“Is brandoffers en ander diereoffersnet so aanneemlik vir die Hereas gehoorsaamheid aan sy bevel?Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande,om te luister is beter as die vet van ramme.
23 Weerspannigheid is net so erg as die sonde van waarsêery;eiesinnigheid net so erg as die bedrog van afgodery.Omdat jy die woord van die Here verwerp het,het Hy jou as koning verwerp.”
24 Saul sê toe vir Samuel: “Ek het gesondig, want ek het die bevel van die Here en u opdrag oortree omdat ek vir die manskappe bang was en na hulle versoek geluister het.