21 Die manskappe het egter uit die buit kleinvee en beeste gevat, die beste van dié wat van kant gemaak moes word, om aan die Here u God in Gilgal te offer.”
22 Maar Samuel antwoord:“Is brandoffers en ander diereoffersnet so aanneemlik vir die Hereas gehoorsaamheid aan sy bevel?Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande,om te luister is beter as die vet van ramme.
23 Weerspannigheid is net so erg as die sonde van waarsêery;eiesinnigheid net so erg as die bedrog van afgodery.Omdat jy die woord van die Here verwerp het,het Hy jou as koning verwerp.”
24 Saul sê toe vir Samuel: “Ek het gesondig, want ek het die bevel van die Here en u opdrag oortree omdat ek vir die manskappe bang was en na hulle versoek geluister het.
25 “Vergewe tog nou my sonde en kom saam met my sodat ek tot die Here kan bid.”
26 Maar Samuel sê vir Saul: “Ek sal nie saam met jou gaan nie, want jy het die woord van die Here verwerp en die Here het jou verwerp as koning oor Israel.”
27 Samuel het weggedraai om te loop, maar Saul het die punt van sy mantel gegryp, en dit het geskeur.