9 Van toe af het Saul vir Dawid gewantrou.
10 Die volgende dag het 'n boosaardige gees wat deur God gestuur is, vir Saul beetgepak, sodat hy in sy huis te kere gegaan het soos 'n waansinnige. Soos gewoonlik het Dawid op die lier gespeel. In die hand van Saul was daar 'n spies.
11 Toe lig Saul die spies op en dink: ek gaan vir Dawid teen die muur vaspen.Maar Dawid het weggekoes, selfs twee maal.
12 Saul het bang geword vir Dawid omdat die Here by hom was, maar die Here het vir Saul verlaat.
13 Saul het daarna nie meer vir Dawid by hom laat bly nie en hom aangestel as hoof van 'n leërafdeling. Hy het in die oorlog as aanvoerder van die manskappe opgetree
14 en in alles sukses behaal omdat die Here by hom was.
15 Saul het opgemerk dat Dawid baie suksesvol was, en Saul was bang vir hom.