1 En Hanna het gebid:“Ek jubel in die Here,ek is sterk in die Here.Ek lag my vyande uit,ek is bly oor die uitkoms wat U gegee het.
2 Daar is geen heilige soos die Here nie,buiten U is daar nie een nie,daar is geen rots soos ons God nie.
3 “Julle moenie in hoogmoed bly praat nie,moenie aanmatigende dinge sê nie,want die Here is 'n God van diepe kennis,dade word deur Hom getoets.
4 “Die boog van die magtiges is verbreek,dié wat gestruikel het, het nuwe krag gekry.
5 Wie versadig was, moet hulle nou vir brood verhuur,wie honger was, het oorgenoeg om te eet.Die onvrugbare bring sewe in die wêreld,die een met baie kinders kwyn weg.
6 “Die Here maak dood en Hy maak lewend,Hy laat afdaal na die doderyk toeen Hy laat daaruit opkom.
7 Die Here maak arm en Hy maak ryk,Hy verneder, ook gee Hy aansien.