24 Ag nee, my seuns, die gerugte wat ek verneem, is nie goed nie. Julle verlei die volk van die Here.
25 Wanneer een mens teen 'n ander mens verkeerd optree, sal die regters die saak uitmaak, maar as 'n mens teen die Here sondig, wie sal dan die saak uitmaak?”Hulle het egter nie na hulle pa se vermaning geluister nie, want die Here het besluit om hulle dood te maak.
26 Maar die seun Samuel het grootgeword en die Here en die mense was hom goedgesind.
27 'n Man van God het by Eli gekom en vir hom gesê: “So sê die Here: Ek het My duidelik geopenbaar aan die huis van jou stamvader toe die volk in Egipte aan die farao's onderdanig was.
28 Ek het jou stamvader vir My uit al die Israelitiese stamme as priester uitgekies om my altaar te bedien, om wierook aan die brand te steek en om 'n skouerkleed voor My te dra. Ek het jou familie al die vuuroffers van die Israeliete gegee.
29 Waarom verag julle my diereoffer en my graanoffer waarvoor Ek voorskrifte in my woonplek gegee het? En waarom ag jy jou seuns belangriker as vir My, deurdat julle julle vet maak met die beste uit al die offers van my volk Israel?
30 “Daarom lewer die Here die God van Israel uitspraak: Ek het nadruklik gesê: Jou huis en jou nageslag sal My altyd in die tempel dien.“Maar nou sê Ek, die Here: Dit sal nie gebeur nie, want die een wat My eer, sal Ek eer, en die een wat My minag, sal Ek minag.