3 “Julle moenie in hoogmoed bly praat nie,moenie aanmatigende dinge sê nie,want die Here is 'n God van diepe kennis,dade word deur Hom getoets.
4 “Die boog van die magtiges is verbreek,dié wat gestruikel het, het nuwe krag gekry.
5 Wie versadig was, moet hulle nou vir brood verhuur,wie honger was, het oorgenoeg om te eet.Die onvrugbare bring sewe in die wêreld,die een met baie kinders kwyn weg.
6 “Die Here maak dood en Hy maak lewend,Hy laat afdaal na die doderyk toeen Hy laat daaruit opkom.
7 Die Here maak arm en Hy maak ryk,Hy verneder, ook gee Hy aansien.
8 Hy laat die geringes uit die stof opstaan,Hy hef die armes op van die ashoop afom hulle by vername mense te laat sit;Hy skenk hulle 'n ereplek.Aan die Here behoort die pilare van die aarde;Hy het die aarde daarop gegrondves.
9 “Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad,maar die goddeloses word stil gemaak in die duisternis van die graf.'n Mens oorwin nie deur eie krag nie!