1 Daarvandaan het Dawid in die skuilplekke by En-Gedi gaan bly.
2 Net toe Saul van die veldtog teen die Filistyne af terugkom, is aan hom vertel: “Dawid is in die En-Gediwoestyn.”
3 Saul het drie afdelings manskappe wat uitgesoek is uit die hele Israel, gevat en gegaan om Dawid en sy manne op te spoor in die omgewing van Klipbokrotse.
4 Onderweg het Saul afgekom op skaapkrale met 'n grot daarby. Hy het daar ingegaan om homself te ontlas, terwyl Dawid en sy manne agter in die grot sit.
5 Dawid se manne sê toe vir hom: “Kyk daar, vandag sê die Here vir jou: Ek gee jou vyand in jou hand en jy moet met hom maak soos jy dit goedvind.”Dawid het opgestaan en ongemerk die punt van Saul se mantel afgesny.
6 Maar agterna het Dawid se gewete hom gepla omdat hy Saul se mantelpunt afgesny het.
7 Hy het vir die manne gesê: “Mag die Here my daarvan bewaar dat ek my hand teen my koning, die gesalfde van die Here, oplig, want hy is die gesalfde van die Here.”