18 en hy sê vir Dawid: “Jy is 'n beter man as ek, want jy het aan my goed gedoen en ek het jou kwaad aangedoen.
19 Jy het so pas duidelik getoon watter weldaad jy my bewys het deurdat jy my nie doodgemaak het toe die Here my in jou hand oorgegee het nie.
20 Sal iemand sy vyand ongedeerd sy koers laat gaan as hy hom raakloop? Mag die Here jou met weldade beloon vir wat jy vandag aan my gedoen het.
21 En nou, ek weet jy sal koning word, en die koningskap oor Israel sal in jou hand bestendig wees.
22 Lê dan nou in die Naam van die Here 'n eed af dat jy nie my nageslag sal uitroei nie en so in my familie aan my naam 'n einde sal maak nie.”
23 Nadat Dawid vir Saul 'n eed afgelê het, het Saul huis toe gegaan, maar Dawid en sy manne het opgegaan na die bergskuiling toe.