34 Maar, so seker as die Here die God van Israel leef, Hy wat my gekeer het om jou kwaad aan te doen, as jy my nie gou tegemoet gekom het nie, sou daar beslis geen enkele manspersoon van Nabal tot die môrelig oorgebly het nie.”
35 Daarna het Dawid die goed wat sy gebring het, aanvaar en vir haar gesê: “Wees gerus en gaan maar huis toe. Kyk, ek het jou versoek gehoor en ek staan dit toe.”
36 Toe Abigajil by Nabal kom, het hy in sy huis 'n feesmaal gehad soos 'n koning. Nabal was opgeruimd en baie dronk. Voor die oggend met ligdag het sy hom hoegenaamd niks vertel nie.
37 Die oggend het Nabal nugter geword, en toe sy vrou hom al hierdie dinge vertel, het hy 'n beroerteaanval gekry en is hy heeltemal verlam.
38 Omtrent tien dae later het die Here hom weer met 'n aanval getref, en het hy gesterf.
39 Toe Dawid hoor dat Nabal dood is, het hy gesê: “Geloof sy die Here wat my regsaak behartig het oor die onreg wat Nabal my aangedoen het, en my van kwaad weerhou het. Die Here het Nabal se kwaad op sy eie kop laat afkom.”Daarna het Dawid gestuur en met Abigajil laat praat om haar as vrou vir hom te neem.
40 Die manne van Dawid het by Abigajil die Karmeliet gekom en vir haar gesê: “Dawid het ons na u toe gestuur om u as vrou vir hom te neem.”