1 In daardie tyd het die Filistyne hulle leërs vir die stryd begin oproep om teen Israel oorlog te maak. Akis het vir Dawid gesê: “Jy weet natuurlik dat jy en jou manne saam met my in die leër moet optrek.”
2 En Dawid het vir Akis gesê: “Maar u weet tog wat ek nog altyd doen.”Toe sê Akis vir Dawid: “Daarom stel ek jou vir goed aan as my lyfwag.”
3 Samuel het te sterwe gekom, en die hele Israel het oor hom gerou en hulle het hom in sy stad Rama begrawe. Saul het ook die dodebesweersters en die waarsêers uit die land verban.
4 Die Filistyne het bymekaargekom en kamp gaan opslaan by Sunem. Saul het die hele Israel bymekaargemaak en kamp opgeslaan by Gilboa.
5 Saul het die kamp van die Filistyne gesien; hy was bang en sy hart het benoud geklop.
6 Hy het die Here geraadpleeg, maar die Here het hom nie geantwoord nie, nóg deur drome, nóg deur die urim, nóg deur profete.
7 Saul het toe vir sy amptenare gesê: “Soek vir my 'n dodebesweerster sodat ek haar kan gaan raadpleeg.”Sy amptenare het vir hom gesê: “Daar is 'n dodebesweerster in En-Dor.”