10 Maar Saul het vir haar 'n eed afgelê in die Naam van die Here: “So seker as die Here leef, jy sal nie oor hierdie saak gestraf word nie.”
11 Toe vra die vrou: “Wie moet ek vir jou laat opkom?”En hy antwoord: “Laat Samuel vir my opkom.”
12 Toe die vrou vir Samuel sien, het sy hard geskreeu en vir Saul gesê: “Waarom het u my bedrieg? U is dan self Saul.”
13 Maar die koning het vir haar gesê: “Moenie bang wees nie. Wat sien jy?” en die vrou sê vir Saul: “Ek sien 'n wese uit 'n ander wêreld opkom uit die aarde.”
14 Hy sê toe vir haar: “Hoe lyk hy?” en sy sê: “'n Ou man kom op en hy het 'n mantel aan.”Saul het toe geweet dat dit Samuel is en Saul het diep gebuig en eer aan hom betoon.
15 Samuel het vir Saul gevra: “Waarom steur jy my deur my te laat opkom?”En Saul antwoord: “Ek is baie bang, want die Filistyne veg teen my, en God het my verlaat. Hy antwoord my nie meer nie, nie deur profete nie en ook nie deur drome nie. Daarom het ek u opgeroep om my in te lig oor wat ek moet doen.”
16 Maar Samuel sê: “Waarom raadpleeg jy mý dan as die Here jou verlaat en jou teëstander geword het?