4 Die Filistyne het bymekaargekom en kamp gaan opslaan by Sunem. Saul het die hele Israel bymekaargemaak en kamp opgeslaan by Gilboa.
5 Saul het die kamp van die Filistyne gesien; hy was bang en sy hart het benoud geklop.
6 Hy het die Here geraadpleeg, maar die Here het hom nie geantwoord nie, nóg deur drome, nóg deur die urim, nóg deur profete.
7 Saul het toe vir sy amptenare gesê: “Soek vir my 'n dodebesweerster sodat ek haar kan gaan raadpleeg.”Sy amptenare het vir hom gesê: “Daar is 'n dodebesweerster in En-Dor.”
8 Saul het hom vermom en ander klere aangetrek, en hy en twee manne het gegaan en in die nag by die vrou aangekom en gesê: “Tree vir my as waarsegster op deur die gees van 'n afgestorwene, en laat vir my die een opkom wat ek vir jou sê.”
9 Maar die vrou het vir hom gesê: “Jy weet baie goed wat Saul gedoen het en dat hy die dodebesweersters en waarsêers in die land uitgeroei het. Waarom stel jy vir my 'n lokval om my dood te maak?”
10 Maar Saul het vir haar 'n eed afgelê in die Naam van die Here: “So seker as die Here leef, jy sal nie oor hierdie saak gestraf word nie.”