1 Die Filistyne het hulle hele leër bymekaargemaak by Afek, en Israel het kamp opgeslaan by die fontein in Jisreël.
2 Terwyl die regeerders van die Filistyne met honderde en duisende verby trek en Dawid en sy manne heel laaste saam met Akis verby gaan,
3 het die leiers van die Filistyne gesê: “Wat maak hierdie Hebreërs hier?”Akis het vir die leiers van die Filistyne gesê: “Dit is maar net Dawid, die onderdaan van koning Saul van Israel, wat al geruime tyd by my is. Vandat hy afvallig geword het tot nou toe het ek niks teen hom gevind nie.”
4 Maar die leiers van die Filistyne het hulle vererg en vir Akis gesê: “Laat die man omdraai en laat hy teruggaan na sy plek toe wat jy vir hom aangewys het. Hy mag nie saam met ons in die oorlog optrek nie. Dalk draai hy in die geveg teen ons. Hoe sal hy weer by sy koning in die guns kom? Is dit nie met die koppe van ons soldate nie?
5 Dit is mos die Dawid van wie hulle in koordanse sing:“Saul het sy duisende verslaan,maar Dawid sy tienduisende!”