4 Maar die leiers van die Filistyne het hulle vererg en vir Akis gesê: “Laat die man omdraai en laat hy teruggaan na sy plek toe wat jy vir hom aangewys het. Hy mag nie saam met ons in die oorlog optrek nie. Dalk draai hy in die geveg teen ons. Hoe sal hy weer by sy koning in die guns kom? Is dit nie met die koppe van ons soldate nie?
5 Dit is mos die Dawid van wie hulle in koordanse sing:“Saul het sy duisende verslaan,maar Dawid sy tienduisende!”
6 Akis het toe vir Dawid geroep en vir hom gesê: “So seker as die Here leef, jy is opreg. Ek vind dit goed dat jy saam met my gaan veg, want vandat jy by my gekom het tot nou toe, het ek niks verkeerds by jou gevind nie, maar jy is nie aanvaarbaar vir die regeerders nie.
7 Draai nou maar om en gaan in vrede sodat jy jou nie die onguns van die Filistynse regeerders op die hals haal nie.”
8 Maar Dawid het vir Akis gesê: “Wat het ek gedoen, en wat het u by my gevind vandat ek in u diens gekom het tot vandag toe dat ek nie kan kom en teen u vyande veg nie?”
9 Akis het geantwoord en Dawid verseker: “Ek is oortuig dat jy so opreg is as 'n boodskapper van die gode. Dis net dat die leiers van die Filistyne gesê het: ‘Hy mag nie saam met ons in die oorlog optrek nie.’
10 Maak dan nou môreoggend klaar, ook jou koning se onderdane wat saam met jou gekom het; julle moet môre voordag klaarmaak en as dit lig word, moet julle vertrek.”