7 Draai nou maar om en gaan in vrede sodat jy jou nie die onguns van die Filistynse regeerders op die hals haal nie.”
8 Maar Dawid het vir Akis gesê: “Wat het ek gedoen, en wat het u by my gevind vandat ek in u diens gekom het tot vandag toe dat ek nie kan kom en teen u vyande veg nie?”
9 Akis het geantwoord en Dawid verseker: “Ek is oortuig dat jy so opreg is as 'n boodskapper van die gode. Dis net dat die leiers van die Filistyne gesê het: ‘Hy mag nie saam met ons in die oorlog optrek nie.’
10 Maak dan nou môreoggend klaar, ook jou koning se onderdane wat saam met jou gekom het; julle moet môre voordag klaarmaak en as dit lig word, moet julle vertrek.”
11 Toe het Dawid en sy manne klaargemaak om vroeg die môre te vertrek en terug te gaan na die land van die Filistyne toe. Maar die Filistyne het na Jisreël toe opgetrek.