4 en toe roep die Here na Samuel.Samuel het geantwoord: “Ek kom!”
5 Hy het na Eli toe gehardloop en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.”Maar Eli sê: “Ek het nie geroep nie! Gaan lê maar weer.”En Samuel het gaan lê.
6 Die Here het weer na Samuel geroep, en hy het opgestaan, na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.”Toe sê Eli: “My seun, ek het nie geroep nie! Gaan lê maar weer.”
7 Maar Samuel het nog nie die Here geken nie, want die woord van die Here was nog nie voorheen aan hom geopenbaar nie.
8 Die Here het Samuel toe 'n derde keer geroep, en hy het opgestaan en na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.”Toe besef Eli dat die Here die seun geroep het,
9 en Eli sê vir Samuel: “Gaan lê en as iemand jou weer roep, sê jy: Praat, Here, u dienaar luister!”Samuel het toe gegaan en op sy slaapplek gaan lê.
10 Die Here het gekom en gaan staan en soos die vorige kere geroep: “Samuel, Samuel!”En Samuel sê: “Praat, Here, u dienaar luister!”