23 Maar Dawid het gesê: “My broers, julle mag nie so maak nie. Wat het die Here nie alles vir ons gegee nie? Hy het ons bewaar en die bende wat teen ons gekom het, in ons mag oorgegee.
24 Wie sal na julle en na hierdie voorstel luister? Nee, soos die aandeel van dié wat gaan veg, is die aandeel van dié wat by die goed agterbly: hulle deel gelykop.”
25 So het dit van toe af gebeur. Hy het dit as voorskrif en bepaling vir Israel vasgestel tot nou toe.
26 Toe Dawid in Siklag aangekom het, het hy van die buit na sy vriende, die leiers van Juda, toe gestuur met die boodskap: “Dit is vir julle 'n geskenk uit die buit van die vyande van die Here.”
27 Dit was vir die leiers van Bet-El en Ramot in die Suidland, Jattir,
28 Aroër, Sifmot, Estemoa,
29 Rakal, die dorpe van die Jeragmeëliete, die dorpe van die Keniete,