1 Die Filistyne het vir Israel aangeval. Die Israeliete het vir hulle gevlug, en van die manskappe het op Gilboaberg gesneuwel.
2 Toe het die Filistyne op Saul en sy seuns toegesak. Hulle het Saul se seuns Jonatan, Abinadab en Malkisua neergevel
3 en toe die aanval op Saul toegespits.Die boogskutters het hom in die oog gekry, en hy het baie bang vir hulle geword,
4 en vir sy wapendraer gesê: “Trek jou swaard en steek my daarmee dood dat daardie heidene nie kom en my doodsteek en in oneer laat sterf nie.”Maar sy wapendraer wou nie, want hy was baie bang. Saul vat toe self die swaard en val daarin.
5 Toe sy wapendraer sien Saul is dood, val hy ook in sy swaard en sterf saam met hom.
6 So is Saul en sy drie seuns en sy wapendraer en al die manskappe by hom op daardie dag saam dood.