9 en nadat hulle dit gedoen het, het die Here 'n baie groot beroering in die stad veroorsaak. Hy het die mense van die stad, klein en groot, met 'n plaag getref. Ook by húlle het daar pesswere uitgebreek.
10 Daarna het hulle die ark van God weggestuur na Ekron toe. Toe die ark van God in Ekron kom, het die Ekronners geskreeu: “Hulle het die ark van die God van Israel na ons toe gebring om ons en ons mense dood te maak.”
11 Hulle het boodskappers gestuur en al die regeerders van die Filistyne laat bymekaarkom en gesê: “Stuur weg die ark van die God van Israel. Laat dit na sy eie plek toe teruggaan sodat dit ons en ons mense nie doodmaak nie.”Daar was 'n dodelike siekte in die hele stad. Die hand van God het swaar gelê op hulle:
12 die mense wat nie gesterf het nie, is met pesswere getref. Die geskreeu in die stad kon baie ver gehoor word.