22 Samuel het Saul en sy slaaf saamgevat en hulle na die eetplek toe gebring. Hy het hulle 'n ereplek onder die genooides gegee. Daar was omtrent dertig man.
23 Samuel het vir die kok gesê: “Bring die deel wat ek aan jou gegee het en waarvan ek gesê het: Sit dit eenkant.”
24 Die kok het die boud vleis gevat en voor Saul neergesit, en Samuel het vir hom gesê: “Dit is wat uitgehou is. Eet wat voor jou neergesit is, want vir hierdie geleentheid is dit vir jou gebêre toe ek die mense genooi het.”So het Saul dan daardie dag saam met Samuel geëet.
25 Daarna het hulle van die hoogte af na die stad toe gegaan. En Samuel het met Saul op die huis se dak gepraat.
26 Die volgende môre het hulle vroeg opgestaan. Toe die rooidag uitkom, het Samuel al na Saul op die dak geroep: “Staan op! Ek wil 'n ent met jou saam stap.”Saul het toe opgestaan, en hy en Samuel het buitetoe gegaan.
27 Hulle het gegaan tot by die stadsgrens en Samuel het vir Saul gesê: “Beveel die slaaf om vooruit te loop; maar wag jy eers sodat ek vir jou kan vertel wat God gesê het.”