1 In die sewende regeringsjaar van Jehu het Joas koning geword, en hy het veertig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Sibja, uit Berseba.
2 Al die jare wat die priester Jojada sy leermeester was, het hy gedoen wat reg is in die oë van die Here.
3 Hy het net nie die hoogtes verwyder nie. Die volk het voortgegaan om daar diereoffers en wierookoffers te bring.
4 Joas het vir die priesters gesê: “Neem al die geld wat as gewyde gawes na die huis van die Here toe gebring word: die geld wat gekollekteer word, dié waarvoor elkeen persoonlik aangeslaan word en dié wat as vrywillige gawes na die huis van die Here toe gebring word.