5 Die ander verhale oor Jojakim en alles wat hy gedoen het, is opgeteken in die annale van die konings van Juda.
6 Jojakim is oorlede, en sy seun Jojagin het hom as koning opgevolg.
7 Die koning van Egipte het nie weer 'n veldtog buite sy land aangepak nie, want die koning van Babel het die gebied van Egiptespruit af tot aan die Eufraat verower, die hele gebied wat voorheen aan die koning van Egipte behoort het.
8 Jojagin was agtien toe hy koning geword het en hy het drie maande in Jerusalem geregeer. Sy ma was Negusta, 'n dogter van Elnatan uit Jerusalem.
9 Jojagin het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en het in alles die voorbeeld van sy pa gevolg.
10 In dié tyd het die leër van koning Nebukadnesar van Babel 'n aanval op Jerusalem begin en die stad beleër.
11 Nebukadnesar het self na die stad toe gekom terwyl sy soldate dit beleër het.