13 sê hy vir sy slaaf: “Sê vir haar: Jy het al hierdie moeite vir ons gedoen. Wat kan ek vir jou doen? Sal ek vir jou 'n woordjie doen by die koning of by die hoof van die leër?”“Ek woon hier tussen my eie mense,” was haar antwoord.
14 Hy vra toe: “Maar kan daar nie iets vir haar gedoen word nie?” Waarop Gehasi antwoord: “Ja tog, sy het nie 'n seun nie, en haar man is al oud.”
15 “Roep haar hiernatoe,” sê Elisa.Toe Gehasi haar nader roep, het sy in die deur kom staan.
16 Toe sê Elisa: “Hierdie tyd oor 'n jaar sal jy 'n seun in jou arms hou.”Sy antwoord: “Nee, Meneer, u is 'n man van God, u moet tog nie vir my iets sê wat nie so kan wees nie!”
17 Die vrou het swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring, presies 'n jaar later, net soos Elisa vir haar gesê het.
18 Toe die seun groter geword het, het hy op 'n dag na sy pa-hulle toe gegaan waar hulle besig was om te oes.
19 Skielik het hy vir sy pa gesê: “My kop, my kop!”Sy pa het vir 'n slaaf gesê: “Dra hom na sy ma toe.”