10 Elisa het vir Gasael gesê: “Gaan sê vir jou koning hy sal nie gesond word nie, want die Here het aan my geopenbaar dat hy sal sterwe.”
11 Die man van God het vir Gasael met 'n strak gesig aangekyk totdat hy verleë geword het. Toe het Elisa in trane uitgebars.
12 “Waarom huil u?” het Gasael gevra.Elisa het geantwoord: “Omdat ek weet watter kwaad jy die Israeliete gaan aandoen. Jy sal hulle vestings in vlamme laat opgaan, hulle jongmanne doodmaak, hulle kindertjies verpletter en hulle swanger vrouens oopsny.”
13 Maar Gasael het gesê: “Ek het nie enige mag nie, hoe sou ek so iets kon doen!”Elisa het geantwoord: “Die Here het aan my geopenbaar dat jy koning oor Aram sal word.”
14 Gasael het van Elisa af weggegaan en by sy koning gekom. Dié het hom gevra: “Wat het Elisa vir jou gesê?”Gasael antwoord toe: “Hy het vir my gesê u sal lewe.”
15 Die volgende môre het Gasael 'n doek gevat, dit in water gesteek en oor die koning se gesig getrek, en die koning het gesterf.Gasael het hom as koning opgevolg.
16 In die vyfde regeringsjaar van koning Joram van Israel, seun van Agab, het Joram seun van Josafat sy pa opgevolg as koning van Juda.