11 Hy het gesê: “As die Arameërs vir my te sterk is, moet jy my kom help, en as die Ammoniete vir jou te sterk is, sal ek jou kom help.
12 Wees dapper en ons sal ook dapper wees ter wille van ons volk en die stede van ons God. Mag die Here doen soos Hy dit goedvind!”
13 Joab en sy manne het opgeruk om teen die Arameërs te veg, maar hulle het vir hom gevlug.
14 Toe die Ammoniete gewaar dat die Arameërs vlug, het hulle ook vir Abisai gevlug en die stad ingegaan. Joab is toe van die Ammoniete af weg na Jerusalem toe.
15 Toe die Aramese state sien dat hulle deur die Israeliete verslaan is, het hulle 'n bondgenootskap gesluit.
16 Hadad-Eser het naamlik afvaardigings gestuur en die Arameërs van oorkant die Eufraat af laat kom. Hulle leër het gekom, en Sobak, die hoof van Hadad-Eser se leër, het die leiding geneem.
17 Toe Dawid die berig kry, het hy die hele Israel bymekaargemaak, die Jordaan oorgesteek en by Gelam gekom. Die Arameërs het teenoor hom stelling ingeneem en die stryd aangeknoop.