3 Dawid het oor haar laat navraag doen, en iemand het gesê: “Dit is Batseba dogter van Eliam, die vrou van Urija die Hetiet.”
4 Dawid het toe amptenare gestuur en haar laat haal. Dit was nadat sy haar reinigingsbad geneem het na haar maandstonde. Sy het na hom toe gekom, en hy het by haar geslaap. Daarna is sy terug huis toe.
5 Die vrou het swanger geword en vir Dawid laat weet: “Ek is swanger.”
6 Dawid het op sy beurt 'n boodskap na Joab toe gestuur: “Stuur vir Urija die Hetiet hiernatoe.”Joab het hom na Dawid toe gestuur.
7 Urija het by hom gekom, en Dawid het hom gevra hoe gaan dit met Joab en die leër, en hoe vorder die oorlog.
8 Hierna het Dawid vir Urija gesê: “Gaan nou maar huis toe en rus 'n bietjie.”Toe Urija uit die paleis gaan, het die koning ook nog 'n geskenk agter hom aangestuur.
9 Maar Urija wou nie huis toe gaan nie en het by die paleisdeur gaan slaap saam met die slawe van die koning.