18 Die koning het vir die vrou gesê: “Jy moet asseblief niks vir my wegsteek van wat ek jou nou gaan vra nie.”Sy antwoord toe: “Die koning kan maar praat.”
19 Toe vra die koning: “Sit Joab nie agter hierdie ding nie?”Die vrou antwoord: “Ja-nee, U Majesteit, niemand kan u om die bos lei nie. Dit ís so. Joab wat in u diens staan, het my dié opdrag gegee. Hy het my haarfyn vertel wat om te sê.
20 Joab het dit gedoen om 'n verandering in die loop van sake te bring. Maar u praat byna met die wysheid van 'n engel van God: u weet werklik alles.”
21 Daarna het die koning vir Joab gesê: “Ek het nou eenmaal in die strik getrap. Gaan haal nou maar my seun Absalom.”
22 Joab het voor die koning op sy knieë geval en gebuig. Hy het die koning geprys met die woorde: “Vandag weet ek dat u my goedgesind is, want u het gedoen wat ek gevra het.”
23 Hy het toe opgestaan, na Gesur toe gegaan en vir Absalom na Jerusalem toe gebring.
24 Maar die koning het beveel: “Laat hom na sy eie huis toe gaan. Vir my mag hy nie sien nie.”Daarom is Absalom huis toe sonder om die koning te sien.