1 Toe Dawid 'n entjie van die kruin af weg was, het Mefiboset se amptenaar Siba hom onverwags teëgekom. Op twee opgesaalde donkies het hy twee honderd brode, honderd pakkies rosyntjies en honderd pakkies voorvye en 'n kruik wyn gehad.
2 “Wat het jy hier?” vra die koning vir hom, en Siba antwoord: “Die donkies is vir die koning-hulle om op te ry, en die brood en vye is kos vir u lyfwag; dié wat in die woestyn moeg word, kan die wyn drink.”
3 “En waar is Saul se seun?” vra die koning.“Nee, hy sit in Jerusalem. Hy dink mos: vandag sal Israel die koningskap van my pa aan my teruggee,” antwoord Siba.
4 Toe sê die koning: “Nou kyk, alles wat aan Mefiboset behoort, is nou joune.”“Ek sal altyd dankbaar bly,” sê Siba, “en ek hoop ek sal U Majesteit altyd tevrede stel.”
5 Toe die koning by Bagurim kom, storm daar ewe skielik een van Saul se familielede op hom af. Sy naam was Simeï seun van Gera. So ver as hy gaan, het hy geloop en vloek.