43 Ek maak hulle fyn soos stof,ek laat hulle wegspat soos modder in die strate,ja, ek vermorsel hulle.
44 U het my gered van opstandige mense,my as hoof van vreemde nasies aangestel.'n Volk wat ek nie geken het nie, is my onderdane.
45 Wie ook al van my verneem, gehoorsaam my.Vreemde volke kruip voor my.
46 Hulle skrik en kom bewend uit hulle forte uit.
47 Die Here leef! Ek loof Hom wat my rots is.Ek prys my God wat my verlos het.
48 Dit is God wat my die oorwinning gee,wat volke aan my onderwerp.
49 Hy red my van my vyande.Ja, U stel my buite bereik van my teëstanders,U bevry my van geweldenaars.