17 Daarna het Abner met die leiers van Israel gepraat: “Julle probeer mos lankal om vir Dawid koning te maak.
18 Doen dit nou, want die Here het vir Dawid gesê: Deur my dienaar Dawid sal Ek my volk Israel red uit die mag van die Filistyne en van al sy vyande.”
19 Abner het self ook vertroulik met die Benjaminiete gaan onderhandel. Dit was ook hy wat vertroulik aan Dawid in Hebron gaan vertel het watter voorwaardes vir Israel en die Benjaminstam aanneemlik sou wees.
20 Vervolgens het Abner saam met twintig man na Dawid toe gegaan in Hebron, en Dawid het vir hulle 'n eetmaal aangebied.
21 Abner sê toe vir Dawid: “Met u verlof gaan ek nou die hele Israel by u, die koning, bymekaarbring sodat hulle met u 'n verdrag kan sluit; dan sal u koning wees volgens u hartsbegeerte.”Dawid het daartoe ingestem en Abner het ongehinderd vertrek.
22 En toe gebeur die onvoorsiene! Joab en die soldate van Dawid het net van 'n rooftog af teruggekom en 'n groot buit saamgebring. Abner was toe nie meer by Dawid in Hebron nie: Abner het met die instemming van die koning ongehinderd vertrek.
23 Dit was toe dat Joab en al sy soldate tuis gekom het en daar vir hom gesê is: “Abner seun van Ner het by die koning gekom, en hy het hom ongehinderd laat vertrek.”