28 Dawid het dit agterna eers verneem en gesê: “Ek is vir altyd voor die Here onskuldig aan die moord op Abner seun van Ner, ek en my koningshuis.
29 Mag die straf daarvoor op Joab se kop afkom en op sy hele familie. Mag daar altyd in sy familie een wees wat bloei of melaats is of op krukke loop of deur die swaard omkom of broodsgebrek ly.”
30 Joab en sy broer Abisai het vir Abner doodgemaak omdat hy hulle broer Asael tydens die oorlog in Gibeon doodgemaak het.
31 Aan Joab en die hele leër by hom het Dawid gesê: “Skeur julle klere; trek rouklere aan en rou oor Abner.”Koning Dawid het self agter die draagbaar gestap.
32 Toe hulle Abner in Hebron begrawe het, het die koning hardop gehuil by die graf, en die hele leër het ook gehuil.
33 Die koning het 'n klaaglied oor Abner gesing:“Moes Abner dan so 'n eerlose dood sterwe?
34 Jou hande was nie geboei nie,jou voete nie met kettings gebind nie.Jy het omgekom soos een wat deur misdadigers omkom.”Toe het die leër se gehuil oor hom eens so erg geword.