9 Mag God my om die lewe bring as ek nie nou vir Dawid gaan help om te doen wat die Here hom met 'n eed beloof het nie,
10 naamlik om die koningskap van die nageslag van Saul weg te vat en die heerskappy van Dawid oor Israel en Juda te bevestig, van noord tot suid.”
11 So bang was Is-Boset vir Abner dat hy nie 'n woord kon terugsê nie.
12 Hierna het Abner boodskappers na Dawid toe gestuur om te sê: “Behoort die land nie aan u nie? Sluit tog 'n ooreenkoms met my en u sal sien dat ek by u staan deur die hele Israel na u kant toe oor te haal.”
13 Dawid het geantwoord: “Goed, ek sal 'n ooreenkoms met jou sluit. Ek verwag net een ding van jou, en dit is dat jy nie met my moet kom onderhandel sonder om Saul se dogter Mikal saam te bring nie.”
14 Dawid het ook boodskappers na Saul se seun Is-Boset toe gestuur om te sê: “Gee my vrou Mikal terug wat ek as vrou verkry het in ruil vir honderd Filistynse voorhuide.”
15 Is-Boset het gestuur en haar laat wegvat van haar man, Palti seun van Lajis.