1 Luister na hierdie woord,vrouens wat op Samariaberg lekker lewe,lewe soos die koeie van Basan,julle deur wie die swakkes verdruken die armes mishandel word,julle wat vir julle mans sê:“Bring wyn dat ons kan drink!”
2 Die Here my God wat heilig is, het 'n eed afgelê:Pas op, daar kom dae oor julle dat julle met hake opgetel sal word,dat julle van agter met haakdorings aangedryf sal word.
3 Elke vrou sal reg voor haar uit oor die afgebreekte stadsmuur loop,julle sal na Hermon toe uitgedryf word, sê die Here.
4 Kom na Bet-El toe as julle wil sonde doen,na Gilgal toe as julle nog meer sonde wil doen.Bring julle offers vroegmôre,julle tiendes op die derde dag.
5 Verbrand die ongesuurde brood as dankoffer,kondig julle vrywillige offers aan,laat die mense dit hoor.So hou julle mos daarvan, Israeliete,sê die Here my God.